Australiërs gaan op 21 Mei stembus toe

Australië sal op 21 Mei hul algemene verkiesing hou, het eerste minister Scott Morrison vandag gesê. Politieke veldtogte sal afskop en daar sal na verwagting oor lewenskostes en klimaatsverandering gekibbel word, asook vrae oor karakter en bevoegdheid van die groot partye. Meningspeilings toon dat Morrison se konserwatiewe koalisie verloor steun na nege jaar aan bewind teen die die amptelike opposisie, die Arbeidersparty. Morrison het ook in meningspeilings voor die vorige verkiesing in Mei 2019 agterweë gebly, maar het steeds ‘n oorwinning behaal.