Australië verbied Nazi-saluut en terreurgroepe-simbole

Australië het ʼn verbod ingestel op die Nazi-saluut en simbole wat verbind word met aangewese terreurgroepe in ʼn poging om ver-regse bedrywighede te beperk. Die wet maak dit ʼn oortreding om Nazi-kentekens te vertoon, insluitende die Swastika, en die verkoop van simbole wat verbind word met groepe soos Hamas en Isis. Die stap volg op ʼn toename in haatvoorvalle. Iemand wat skuldig bevind word kan tot 12 maande gevangenisstraf opgelê word. Die regering bevestig daar is geen plek in Australië vir dade en simbole wat die gruwels van die Joodse volksmoord en terreurdade verheerlik nie.