All Blacks-afrigter wil oorsese spelers vir span hê

Rugby: Die nuwe afrigter van die All Blacks, Scott Robertson, wil hê spelers wat oorsee speel moet vir die nasionale span beskikbaar wees. Die voormalige hoofafrigter van die Springbokke, Jacques Nienaber, het na die Wêreldbekertoernooi gesê daar is verskeie voordele om spelers oorsee te hê, soos dat dit aan jonger spelers die geleentheid bied om ʼn naam vir hulleself te maak. Robertson het Nieu-Seeland Rugby versoek om sy reëls te verander nadat 12 van die spelers in die Wêreldbeker-groep na die toernooi oorsee gaan speel het.