Australië sukkel met derde vlaag

Die premier van Nieu-Suid Wallis, Gladys Berejikilian, sê hulle verwag dat nuwe Covid-19-gevalle vandeesweek sy piek gaan bereik. Meer as duisend nuwe gevalle en vyf sterftes weens Covid-19-verwante oorsake is die afgelope 24 uur in dié staat in Australië aangemeld. Berejikilian sê hospitaalopnames weens die virus en mense wat intensiewe sorg benodig sal na verwagting volgende maand ‘n piek bereik voor dit sal begin afneem, omdat die inentingskoers die voorkoms van mense wat ernstig siek word, vertraag: