Australië se inperkings perk werklik in

Meer as twee miljoen inwoners van Sydney in Australië word nie meer toegelaat om die stad te verlaat nie nadat die regering van die staat Nieu-Suid-Wallis strenger maatreëls aangekondig het om die verspreiding van Covid-19 hok te slaan. Media indie land berig die nuwe maatreëls beteken werkers mag net hulle gebiede verlaat om te werk in gesondheid- en bejaardesorg en ander noodsaaklike sektore.