Australië lig ook reisverbod vir Nam en kie

Australië het sy verbod op reisigers uit Namibië en nóg sewe Suider-Afrikaanse lande opgehef, ná die Verenigde Koninkryk se besluit om sy Covid-rooilys vir reisigers te skrap. Dit volg op drie weke van streng reisbeperkings wat ingestel is ná die ontdekking van die Omikron-variant. Besoeke aan Australië is egter slegs oop vir sommige visum-houers. Gewone vakansiegangers word nog nie onder die huidige maatreëls in Australië toegelaat nie.