Dis nou, Sir Lewis…

Die 36-jarige Britse Formule Een renjaer Lewis Hamilton is by Windsor-kasteel deur Prins Charles tot ridder geslaan vir sy bydrae tot motorsport. Hy is die enigste swart Formule Een renjaer en het reeds sewe wêreldtitels op sy kerfstok. Hy is slegs die vierde renjaer in die geskiedenis om so vereer te word. Die ander is die Australiër Jack Brabham, en die twee Britte Stirling Moss en Jackie Stewart. Hamilton is die enigste een wat dié eer te beurt geval het terwyl hy nog aktief deelneem.