Australië hou by planne vir kernkrag-duikbote

Australië bly daartoe verbind om ondanks kritiek van Frankryk ‘n vloot kernkrag-duikbote te bou. Die Australiese regering het Franse President Emmanuel Macron verlede jaar woedend gemaak deur ‘n kontrak vir ‘n Frans-geboue vloot van konensioneel-aangedrewe duikbote ter waarde van 66 miljard Amerikaanse dollar te kanselleer. Daar is besluit om eerder kernduikbote in ‘n ooreenkoms met Amerika of Brittanje te bekom. Die Australiese eerste minister, Anthony Albanese, staan by die ooreenkoms om kerntegnologie te gebruik seder hy in Mei aan bewind gekom het.