Australië beperk inkomende vlugte – Delta-vrese

Inkomende internasionale vlugte in Australië word van vandag af beperk tot 3 000 passasiers per week. Die land se federale regring sê dit sal op 31 Augustus hersien word, maar die beperking sal waarskynlik tot die einde van die jaar geld. Die besluit volg na ‘n skerp styging in Covid-19-infeksies weens die Delta-virus wat deur die land se kwarantynstelsel gedring het. Volgens Australiese amptenare is kudde-immuniteit die sleutel om die land se grense te heropen. Slegs 9 persent volwasse Australiese burgers is al ten volle ingeënt.