Aussie T20-breier Finch tree afFebruary 7, 2023
Australië se T20-kaptein Aaron Finch het na 12 jaar in die nasionale span sy uittrede uit alle internasionale krieket aangekondig. Die stap was te wagte nadat hy in September verlede jaar uit die eendagwedstryd-formaat getree het. Die 36-jarige speler het Australië in vyf toetse, 146 internasionale eendagwedstryde en 103 T20’s verteenwoordig en hulle in 2021 na hulle eerste T20-wêreldbeker-titel gelei. Finch sê dis nou die regte oomblik om uit te tree en die span tyd te gee om vir volgende jaar se T20-wêreldbeker te beplan en voor te berei.