Aussie Ope gelooi vir promotorkeuse
Die hoof van die Australiese Ope, Craig Tiley, het die proses van die toevoeging en verspreiding van promotorskeuses verdedig. Dit volg nadat Arina Rodionova Tennis Australië gekritiseer het en beweer het ‘n persoonlike vendetta teen haar het verhoed dat sy as ‘n promotorskeuse by die agterdeur na die Ope inglip, in weerwil van die feit dat sy die voorste vrouespeler in haar land is. Die 34-jarige Radionova is gister in die kwalifiserende ronde van die Australiese Ope uitgeskakel. Tiley sê verskeie faktore word oorweeg om ‘n speler as ‘n promotorskeuse aan te wys, insluitend ouderdom, huidige vorm en die hoeveelheid wedstryde wat hulle gespeel het.