Leerders doen effe beter in wetenskapsvakke

Onderwysminister Anna Nghipondoka is besig om die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak en Gevorderde Vlak eksamenuitslae bekend te maak. Net meer as 40 680 leerders het vir die gewone vlak geregistreer, 7 persent meer as in 2022. Sy het nog nie die totale slaagsyfer bekend gemaak nie maar, die uitslae wat sy tot dusver gedeel het, toon dat leerders beter vertoon in wetenskapsvakke teenoor 2022 se uitslae. Meer leerders het fisika, chemie, biologie, en landbou- en rekenaar-wetenskappe deurgekom. Wiskunde is effe beter.