Aussie Ope: Eers die vroue, dan die mans

By die Australiese Ope word die eerste Grand Slam-titel van die seisoen vandag op Melbournepark beslis. Uit ‘n aanvanklike 128 spelers sal die twee finaliste – die 22ste gekeurde Elena Rybakina van Kasakstan en die vfyde gekeurde Aryna Sabalenka, meeding om die Daphne Akhurst Memorial Cup en die kans om Ash Barty van Australië as die vroue enkel-kampioen op te volg.