Aussie Lanning tree uit

Die kaptein van Australië se krieket-vrouespan, Meg Lanning, het bekendgemaak sy tree uit die internasionale spel want daar is niks meer vir haar om te bereik nie. Die 31-jarige top-ordekolwer het haar span aangevoer tot vier T20 Wêreldbeker-titels, ʼn eendag Wêreldbeker-titel en ʼn goue medalje op die Statebondspele. Sy was in haar loopbaan van 13 jaar Australië se kaptein in 182 wedstryde, met ʼn onoorwonne 26 wedstryde tussen 2018 en 2021. Lanning glo die tyd is reg om nou iets nuuts aan te pak. Volgens Krieket Australië gaan sy steeds plaaslike krieket speel.