Aussie helde sou nie eens in Wêreldbeker speel

Krieket: Daar is glad nie verwag Australië se twee helde in die Wêreldbeker-eindstryd teen Indië sou in die toernooi speel nie. Travis Head en Marnus Labuschagne se vennootskap van 192 lopies het die oorwinning verseël en bygedra dat Australië die gasheer, Indië, met ses paaltjies troef en die trofee vir ʼn rekord sesde keer inpalm. Head het sy hand gebreek twee weke voor die aanvang van die toernooi terwyl Labuschagne eers speelkans gekry het toe spanmaats beseer is. Head was die speler van die wedstryd vir sy 137 lopies terwyl Labuschagne ʼn onoorwonne 58 bygedra het.