Aussie-vloede: 30 000 kan steeds nie huis toe nie

Sowat 30 000 mense kon ná swaar reën in Nieu-Suid-Wallis in Australië nog nie na hulle huise terugkeer nie. Die elektrisiteitstoevoer na duisende huise is ook nog nie herstel nie. Die Wilsonsrivier in Lismore het gister sy hoogste vlak van 11,4 meter bereik, wat minder is as die verwagte 12 meter, maar 20 ontruimingsbevele is nog van krag. Media berig die waarnemende kommissaris van die Staatsnooddiens, Daniel Austin, het weer die besluit om te ontruim verdedig en sê hulle het nie die luukse van na-kennis gehad toe hulle die waarskuwings uitgereik het nie.