Aumpanda ‘okei’ na ongeluk

Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda was gister in ‘n motorongeluk in die Noorde. Hy het op sy Facebook-blad foto’s van die wrak van die bakkie geplaas wat voorkom asof dit omgeslaan het. Hy het geskryf hulle is nie beseer nie. Die ongeluk het volgens berigte naby Ruacana plaasgevind.