Aung San Suu skuldig aan korrupsie

‘n Hof in Myanmar het die ontsetelde leier Aung San Suu Kyi tot vyf-jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is aan die eerste van elf korrupsie-aanklagte teen haar. In hierdie saak is sy beskuldig van die aanvaarding van honderde-duisende-dollar se goud en kontant terwyl sy aan bewind was. Die Nobelpryswenner het te doen met minstens 18 aanklagte, wat gesamentlik kan uitloop op tronkstraf van byna 190-jaar, as sy skuldig bevind sou word.