Audi vat Dakar se proloog-tydtoets

Mattias Ekstrom van Audi was die vinnigste jaer in die Dakar Rally se proloog-tydtoets van 27 kilometer oor die sandwoestyn van Al-Ula in Saoedi-Arabië. Die tweemalige verdedigende kampioen Nasser Al-Attiyah het ‘n effense ompad gery en 12de geëindig. Ekstrom van Swede se tyd was 16 minute en 30 sekondes, 23 sekondes voor die Amerikaner Seth Quintero van Toyota wat sy debuut op die tydrenvlak gemaak het. Die Franse veteraan, Sebastian Loeb het 38 sekondes later, derde geëindig wat ‘n belowende begin vir hom is. Die tye het ‘n keuse van wegspringposisies verskaf vir vandag se afskop.