AU se manskonferensie word geprys

NotInMyName International se leier, Siyabulela Jentile, verwelkom die uitkomste van die derde Manskonferensie oor Positiewe Manlikheid van die Afrika-unie om geweld teen vroue en meisies te beëindig. Dit sluit in die ooreenkoms om te verseker die geskiedkundige en strukturele aanhitsers van geweld teen vroue en meisies op die kontinent, word geïdentifiseer en aangepak. Jentile sê die konferensie het verder ooreengekom om die nodige hulpbronne te voorsien om aandag te skenk aan geslagsgeweld en vrouemoord.