Attie Nel van Tsumeb gekroon as Oeskoning 2022

Grootfontein se 50ste Oesfees word beskyf as ‘n reuse-sukses. Verlede jaar se Oeskoning, Mavuto Mwanza, het akkerbouer Attie Nel van die plaas Algier naby Tsumeb as Oeskoning van 2022 gekroon. Die naaswenner is Stefan Tietz. Chanelle Barkhuizen is as Mej. Oesfees 2022 gekroon met Marlize Goosen haar eerste prinses en Rome Coetzee die tweede prinses.