Atletiek: Wayde wil 400 meter in Boedapest wen
Atletiek: Wayde van Niekerk hoop om sy 400 meter-wêreldtitel by die Wêreldkampioenskappe in Boedapest, Hongarye, te herwin wanneer hy vandag aan sy eerste wedloop deelneem. Die wêreldrekordhouer het dié seisoen belowende vordering gemaak. Hy het eerste in vyf wedlope geëindig, insluitend drie Diamant-liga-byeenkomste in Oslo, Silesië en Londen. Van Niekerk lei ‘n span van drie Suid-Afrikaners in Hongarye wat vir die 400 meter gekwalifiseer het. Die ander twee lede is Zakithi Nene en Lythe Pillay.