Atletiek byeenkoms vandag voortgesit

Atletiek Namibië se senior atletiek kampioenskappe word vandag voortgesit by die Onafhanklikheidstadion in Olympia in die hoofstad. Een van die besondere prestasies dusver is Christine Mboma wat in ‘n tyd van 49.22 sekondes ‘n nuwe onder-20-wêrelrekord in die 400 meter-naelloop opgestel het. Hennie Horn ‘n hoogspringafrigter van Swakopmund het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.