Atletiek: Agnes verheug oor Caster-uitspraakJuly 11, 2023
Atletiek: Die Namibiese minister van sport, Agnes Tjongarero het haar reaksie gegee oor die dubbele Olimpiese kampioen, Caster Semenya, se suksesvolle appèl-aansoek by die Europese Hof vir Menseregte. Sy het die vereiste betwis dat vroue met natuurlike hoë vlakke testosteroon dit met medikasie moet verlaag, en aangevoer dit skend haar regte. Die oorwinning is grootliks simbolies aangesien dit nie die beslissing van Wêreld-Atletiek bevraagteken nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Tjongarero gesels wat sê dit is goeie nuus vir Namibië en ons Olimpiese atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi wat dieselfde diskriminasie as Semenya in die gesig staar.