Atletiek: Afrigter trots op drie Namibiese vroue
Atletiek: Henk Botha, die afrigter van Christine Mboma, Namibië se Olimpiese silwer-medalje-wenner, is trots op haar en twee ander atlete wat as wenners by die Afrika-unie Sportraad Streek 5-toekennings in Matshapa in Eswatini bekroon is. Mboma is by die geleentheid as die junior sportvrou van die jaar aangewys. Marathon-koningin Helalia Johannes is as die sportvrou van die jaar bekroon. T11-vroulike naelloper, Lahja Ishitile, het die toekenning vir sportvrou van die jaar met ‘n gestremdheid gewen. Botha het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…
Hy sê ook wanneer Namibiërs weer vir Christine op die atletiekbaan kan sien.