Atalanta vat Europa-Liga, eerste keer in 61 jaar

Ademola Lookman het ‘n driekuns vir Atalanta behaal met sy span wat Bayer Leverkusen met 3-0 geklop het om die Europa-Liga in Dublin te wen, en ‘n trofee-droogte van 61 jaar te beëindig. Dit is Leverkusen se eerste nederlaag sedert hulle laaste wedstryd van die 2022-2023 seisoen. Atalanta is nou verseker van hulle plek in die volgende seisoen van die Kampioene-Liga. Lookman, wat die eerste speler ooit geword het om ‘n driekuns in ‘n Europa-Liga-eindstryd te behaal, sê dit is baie spesiaal om geskiedenis saam met die klub te maak: