AstraZeneca onttrek Covid-19 entstof weens lae aanvraag
Die internasionale farmaseutiese maatskappy AstraZeneca het die wêreldwye onttrekking aangekondig van sy Covid-19-entstof weens ‘n afname in aanvraag. Die maatskappy skryf die afname toe aan ‘n oorvloed nuwe entstowwe wat vervaardig word. Die entstof, genaamd Vaxzevria, is saam met die Universiteit van Oxford ontwikkel en die eerste van meer as drie-miljard dosisse is in Januarie 2021 in Brittanje toegedien. Maar, die entstof het na wat berig word ook newe-effekte soos bloedklonte en lae bloedplaatjietellings veroorsaak. Die maatskappy sê hy het die afgelope jaar geen inkomste daaruit verdien nie.