Lae vlak van Zambezirivier wek kommer

Die vlak van die Zambezirivier by Katima Mulilo het effens gestyg tot 1,63m, volgens die Namibiese hidrologiese dienste se jongste verslag. Die watervlak is egter baie laer as dieselfde tyd verlede jaar, toe dit 5,10m bereik het. Verlede maand is berig dat honderde seekoeie gestrand en vasgekeer is in modderpoele in die Chobe- en Linyanti-riviere. Die riviere wat die grens tussen Botswana en die Zambezi-streek vorm, het begin opdroog weens onvoldoende reënval. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu oor die situasie gepraat.