Aspen gereed om entmiddel vir aappokke te maak

Aspen Pharmacare het aangekondig hy is gereed om ‘n entmiddel vir aappokke te maak as dit nodig sou raak. Daar was in Mei 1 700 gevalle, wat gestyg het tot 4 000. Op die oomblik is daar altesaam 18 000 gevalle in 75 lande. Die Suid-Afrikaanse medisyne-vervaardiger sê hy is gewillig om die wêreldwye poging te steun om die bedreiging van aappokke teen te werk. Lisa Bonadonna van Aspen sê inenting teen pokkies gee ‘n mate van beskerming teen aappokke, maar ‘n aansienlike deel van die bevolking het nie die inenting gehad nie omdat die siekte uitgewis is.