As ons dit kan doen, is daar plek vir almal – Michelle Obama

Die voormalige Amerikaanse President Barack Obama en sy vrou, Michelle Obama, het hulle amptelike portrette by die Withuis onthul. Robert McCurdy het die fotorealistiese beeld van Obama, geklee in ‘n swart pak met ‘n grys das teen ‘n minimalistiese wit agtergrond, geskilder. Sharon Sprung het die gewese presidentsvrou se portret geskilder. Sy dra ‘n blou rok en sit op ‘n rusbank in die Withuis se Rooi Kamer. Michelle Obama gesels oor die belangrikheid van die oomblik: