Arsenal se hoop lê aan skerwe
Arsenal se hoop op ‘n Premierligatitel het gister aan skerwe gespat nadat hulle met drie-nul teen Brighton verloor het. Ná die nederlaag is die Gunners is nou vier punte agter die voorlopers, Manchester City, met net twee wedstryde wat oorbly. Pep Guardiola se span weet ‘n oorwinning Sondag teen Chelsea op die Etihad-stadion beteken ‘n vyfde Premierligatitel in ses seisoene. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê hulle vertoning in die tweede helfte was onaanvaarbaar: