Armas, Sakaria wen Windhoek Stadsmarathon

Die Vivo Energy Windhoek Stadsmarathon was weer ‘n reuse sukses. Tangeni Sakaria het die mansafdeling gewen in ‘n tyd van 2 uur, 25 minute en 18 sekondes. Alina Armas het die vroue-afdeling gewen in 2 uur, 54 minute en 26 sekondes. In die 21,1 kilometer halfmarathon het Stephanus Kaudinge met ‘n tyd van 1 uur, 9 minute en 37 sekondes koning gekraai, terwyl Lavinia Haitopi die vinnigste vrou was in 1 uur, 17 minute en 57 sekondes. Die 10km-wedloop is gewen deur Daniel Paulus in 27 minute, 45 sekondes en Shilongo Shivolomwene met ‘n tyd van 34 minute, 41 sekondes was die vinnigste vrou.