Argentinië wen in Kanada maar Blitsbokke bly bo

Die Suid-Afrikaanse Sewes-span klou steeds vas aan die eerste plek op die wêreldreeks-punteleer, nadat hy die naweek vyfde geëindig het in die toernooi in Vancouver, Kanada. Die Blitsbokke het 17-28 teen Samoa verloor in die Beker-kwarteindstryd, maar toe hergroepeer om Frankryk en die All Blacks in die uitspeelwedstryde te klop en 13 punte te verdien. Argentinië het Fidji in die eindstryd 29-10 verslaan. Die Pumas is in die tweede plek op die punteleer, net ses punte agter Suid-Afrika. Australië lê derde en Amerika vierde.