Argentinië se Contepomi vervang Cheika

Rugby: Die voormalige losskakel van Argentinië, Felipe Contepomi, gaan Michael Cheika as die land se hoofafrigter vervang. Argentinië het dié jaar die halfeindstryd van die Wêreldbeker gehaal. Contepomi het 87 keer vir Argentinië uitgedraf en ook vir die Franse klubs Toulon en Stade Francais en die Ierse span Leinster gespeel, waar hy ook deel van die afrigtingspan van 2018 tot 2022 was. Die charismatiese Australiër Cheika het die Pumas tot die halfeindstryd van die Wêreldbeker gelei waar Nieu-Seeland met hulle afgereken het.