Arbeidsministerie sluit afdelings tot Maandag

Die Namibiese arbeidsministerie het te kenne gegee dat die kantoor van die uitvoerende direkteur, die afdeling vir internasionale betrekkinge en raad en die menslike hulpbronne- en die verkrygingsdepartemente vanmiddag twee-uur sluit en eers weer Maandag oopmaak. Die perseel moet gereinig word. Dokumente kan afgegee word by die wagkamer by die ministerie se hekke of, in die alternatief, kan lede van die publiek Maandag die kantore besoek. Die ministerie reeds ‘n hoë getal Covid-infeksies bevestig.