Arbeidsministerie, B2Gold en MUN vergader môre oor arbeidsdispuut

Die Namibiese arbeidsministerie vergader môre met die bestuur van die B2Gold-myn en sy werknemers se vakbond, die Mynwerkersunie van Namibië, die MUN, om die arbeidsdispuut te probeer oplos nadat 200 werkers by die goudmyn volgens MUN geskors is. Volgens die waarnemende uitvoerende direkteur in die arbeidsministerie, Balbina Daes Pienaar, het beide B2Gold-myn en die MUN beide die arbeidswet verkeerd geïnterpreteer en arbeidsverhoudinge tussen die myn en sy werknemers het derhalwe versleg.