Arbeidskenner gesels oor verhogings vir staatsamptenare

Die regering het verlede week salaris verhogings en beter behuising-toelae vir staatsamptenare aangekondig, wat hom sowat 1,7 miljard Namibiese dollar uit die sak gaan jaag. Dit is goeie nuus vir die staatswerkers, maar vele Namibiërs meen hulle verdien dit nie omdat hulle nie effektief werk of doeltreffende dienste aan die publiek lewer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die arbeidskenner Herbert Jauch gesels.