Arbeidsinspekteurs het talle uitdagings

Tydens die besprekings oor pligte en bevoegdhede van ‘n arbeidsinspekteur vandag by die Namibiese staatsinligtingsentrum, het die paneel na verskillende kwessies oor die aangeleentheid gekyk. Die Arbeids-inspektoraat se mandaat is om die basiese diensvoorwaardes en welsyn van werknemers by werkplekke te verseker en arbitrasie-toekennings uit te voer en af te dwing. Shou-Henok Amukwa, die adjunkdirekteur van die arbeidsinspektoraat in die arbeidsministerie, het gepraat oor die uitdagings wat arbeidsinspekteurs in die gesig staar tydens hul inspeksies.