Arbeid: Visserye toon minste nakoming 

Die arbeidsministerie het sy verslag vir die derde kwartaal van 2023 bekend gemaak. Gedurende die periode is inspeksies by 547 werkplekke uitgevoer met 102 wat nie regulasies nagekom het nie. Die inspeksies is by die sektore van groothandel, brandstof, mynwese en visserye uitgevoer. Volgens die ministerie is nakoming redelik hoog met 80 persent van groothandel-maatskappye wat aan vereistes voldoen het terwyl 89 persent in die brandstofsektor, en 100 persent in mynwese alles nagekom het. Visserye kan verbeter met net 67 persent van maatskappye is die sektor wat maatreëls nagekom het.