Arbeid se hoofkantoor gesluit

Verskeie kantore en afdelings van die Namibiese Ministerie van Arbeid se hoofkantoor in die hoofstad is gesluit en die gepaardgaande personeel is tans in self-isolasie. Luidens ‘n interne skrywe is daar vanoggend ‘n positiewe geval bevestig. Die betrokke afdelings sal gereinig word. Dit is nie duidelik hoe lank die betrokke afdelings gesluit sal wees nie.