Arandis se sake is chaos – Kandjeke

Die Ouditeur-Generaal Junias Kandjeke sê die Arandis Dorpsraad kan nie bewyse lewer oor die besteding van 50 miljoen Namibiese doller nie. Die ouditverslag, vir die 2017-2018 finansiële jaar, het ‘n nadelige ouditmening ontvang. Kandjeke sê die dorpsraad kan nie verduidelik hoe hy 39,4 miljoen doller bereken het vir slegte skuld nie en die raad se bates balanseer nie met die 55,9 miljoen doller wat in die finansiële state aangegee is nie. Verskeie uitgawes wat 1 miljoen doller vir ‘n brandweerstasie, 980 000 doller vir grondpaaie, 755 000 vir die diens van erwe en 227 000 vir toerusting kan ook nie geverifieer word nie. Daar is ook geen dokumentasie vir 1,5 miljoen doller se uitgawes nie.