AR reageer op LPO oor veterinêre kordonheining

Die leier van die Affirmative Repositioning, dr. Job Amupanda, het op sy Facebook-blad op Pretorius se standpunt gereageer en hom Oscar Pretorius genoem. Die woordvoerder van AR, Simon Amunime, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die AR weet wat die ekonomiese gevolge van die verwydering van die veterinêre kordonheining is. Hy sê die AR het sy navorsing gedoen en ‘n nuwe ekonomiese orde moet in verband met die sogenaamde Rooilyn gekry word.