AR-leier onttrek uit Fima-komitee

Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging, dr. Job Amupanda, is onlangs deur die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, aangestel om saam met ander Namibiërs op die Fima-komitee te dien. Amupanda het homself egter vandag aan die komitee onttrek, weens verskeie redes. Amupanda was nie beskikbaar vir kommentaar nie en ‘n onafhanklike ekonoom, Gabriel Erastus, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie komitee is nie genoeg gediversifiseer nie.