AR fokus op homself, nie verkiesings nie, sê Job

Die Affirmative Repositioning-beweging sê hy sal nie aan die tussenverkiesing op Swakopmund deelneem nie. Die beweging se leier Job Amupanda sê daar is ‘n plan vir die herorganisering en formalisering van die beweging.

Die beweging het onlangs terugslae gehad veral met kommentaar oor sy rooilyn-hofsaak en die privatisering van kommunale grond wat die landbouminister Calle Schlettwein as fopnuus afgemaak het.