Loftus is uitverkoop vir Saterdag se kragmeting

Loftus is uitverkoop vir Saterdag se kragmeting tussen die Springbokke en Wallis. Dis 50 000 kaartjies en ‘n nuwe rekord, veral vier dae voor die wedstryd afskop. Willem Strauss, president van die Bulle sê nou moet die wedstryd nog net in die Bokke se guns draai.