Aapokke: Kalifornië kondig noodtoestand aan

Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, het ‘n noodtoestand afgekondig oor aappokke in ‘n poging om die verspreiding van die uitbreking teen te werk en inentings ‘n hupstoot te gee. Die Amerikaanse deelstaat het gister altesaam 827 gevalle bevestig, terwyl 25 000 inentings tot dusver toegedien is. Volgens die Amerikaanse Sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming is 5 800 Amerikaners tot dusver geraak.