Apple verwyder toep vir oningeënte mense

Apple het ‘n aanlynontmoetingstoep van die App Store verwyder. Die toep, Unjected, is alleenlik vir persone wat nie ingeënt is nie. Apple het in ‘n verklaring gesê die toep maak onvanpaste verwysings na die Covid-pandemie. Unjected sê sy reg van vryheid van keuse is met die stap geskend en sê sy standpunt word gesensor. Unjected het sy toep in Mei vanjaar van stapel gestuur en is nog op Google Playstore beskikbaar.