Apple ontken oortredings in EU

Die tegnologie-reus Apple sê die Europese Kommissie se aantyging dat dié maatskappy sy markposisie vir kontaklose slimfoonbetalings misbruik het, is ongegrond. Die Europese Unie sê aanduidings is dat Apple derdeparty-toegang tot sleuteltegnologie beperk het. Dié tegnologie is nodig vir die ontwikkeling van mededingende mobiele-beursies op sy toestelle. Die adjunk-president van die Europese Unie, Margrethe Vestager, sê hulle het bevind die tegnologie-reus het moontlik kompetisie ingeperk, tot voordeel van sy eie produk, Apple Pay: