Ape verander volgens studie aksente

‘n Studie het bevind dat ape in staat is om nuwe aksente te gebruik om vriendeliker met hulle bure te wees. Die navorsing wat in die Behavioural Ecology and Sociobiology-joernaal gepubliseer is, het twee Brasiliaanse Amasone-ape dopgehou: die kaalkop, witgespikkelde leeuape en hulle neefs, die rooi-hand-leeuape. Die wetenskaplikes het ontdek dat wanneer die ape dieselfde gebied deel, verander die rooihand-leeuape die frekwensie en duur van hulle geroep om soos die gespikkelde leeuape te klink.