Ramaphosa bekommerd oor Covid-19 in Afrika

President Cyril Ramaphosa sê Afrika staar ‘n gevaarlikste uitdaging in terme van ‘n tekort van entstowwe in die gesig. Hy sê minder as een persent van die bevolking in Afrika is volledig ingeënt. Ramaphosa sê ontwikkelende lande het ‘n oormaat entstowwe, en Afrika ‘n tekort. Die Belgiese ontwikkelingsminister Meryame Kitir het intussen by die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê die wêreld slaag nie daarin om lewensreddende tegnologieë te deel nie, al het die wêreld entstowwe teen ‘n vinnige tempo geproduseer.